Algemene vrae

Hoe verskil sedasie van algemene narkose?

Met sedasie is die pasiënt nie bewusteloos nie. Die pasiënt voel gemaklik, ontspanne en vry van angs en pyn. Pasiënte kan deur verbale kommunikasie of lig stimuli gewek word indien dit sou nodig wees. Met algemene narkose is die pasiënt bewusteloos en kan daar nie met die pasient gekommunikeer word nie. Algemene narkose kan slegs in ‘n teater in ‘n hospitaal gedoen word.

Hoe lank neem herstel na die sedasie prosedure?

Omdat sedasie buite die operasiesaal gedoen word is die hesteltyd oor die algemeen baie vinnig. Alhoewel pasiente verskillend reageer na afloop van sedasie neem herstel gewoonlik ongeveer 30 minute. Die sedasie praktisyn sal die pasient noukeurig monitor voor, gedurend en na die prosudure.

Watter newe-effekte kan 'n mens verwag na sedasie?

Dieselfde newe-effekte soos ondervind ná algemene narkose insluitend naarheid en braking, pyn, hoofpyn, seer keel, bewerigheid en lomerigheid. Die intensietyd van hierdie newe-effekte is aansienlik minder met sedasie as met algemene narkose.

Wat is die prosedure vir nasorg by die huis?

Alle pasiënte ontvang geskrewe instruksies i.v.m wat hulle toegelaat word om te doen. Daar moet ‘n verantwoordelike volwassene wees wat die pasiënt huis toe vergesel.

Sal my mediese fonds betaal vir sedasie?

Daar is mediese fondse wat dienste dek vir sedasie. Soms word hierdie gedek uit die dag-tot-dag-uitgawes. Pasiënte word aangeraai om hul mediese fonds te kontak voor die prosedure om goedkeuring te kry. Reëlings vir betaling kan getref word.

Sal ek pyn voel gedurende die prosedure?

Nee, sedasie word gebruik in plaas van narkose en sal toegedien word om te verdoof en om die pyn te blok. Die doel van die sedasie is om angs en pyn tydens die prosedure te beheer.

Kontak ons gerus met enige verderde inligting wat u mag benodig in verband met sedasie.

Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom