Op die dag

Bewuste sedasie is ‘n tegniek wat ontwerp is om jou te help ontspan tydens geselekteerde mediese en tandheelkundige prosedures. In binneaarse bewuste sedasie is die gebruik van kalmeermiddels en medikasie wat toegedien word deur ‘n binneaarse drip.

Lees asseblief die instruksies noukeurig

Geagte pasiënt / ouer / voog.

Jy moet ‘n prosedure / operasie ondergaan, en jou dokter / tandarts het gekies om dit te doen onder sedasie.
Lees asseblief die volgende inligting en instruksies noukeurig deur. As enigiets onduidelik is, kontak asseblief PK Sedasie.

Voor Sedasie Instruksies

  • As jy ly aan enige mediese toestand of enige akute medisyne gebruik, moet jy jou dokter / tandarts inlig voor die prosedure / operasie. PK Sedasie sal jou kontak vir ‘n telefoniese konsultasie voor jou prosedure datum.
  • Dra asseblief gemaklike klere met lospassende moue.
  • Moet niks vir ten minste 6 uur voor die prosedure / operasie eet nie . Helder​ vloeistowwe kan tot 2ure voor prosedure / operasie geneem word.
  • As jy chroniese medikasie neem , neem dit asseblief op die dag van die prosedure / operasie ​nadat​ dit bespreeek is met jou dokter / tandarts.
  • Kom asseblief vroegtydig vir jou afspraak, ten minste 30 minute voor die tyd. In sommige gevalle , kan jou dokter / tandarts voel dat jy sal baat vind by premedikasie om jou angs te verminder en jou ontspanne te laat voel. As dit die geval is, kan jou dokter / tandarts versoek dat jy vroeër inkom vir die afspraak, sodat jy die premedikasie kan neem.
  • Verlig asseblief u blaas voor die prosedure / operasie.
  • ‘n Naasbestaande kan by jou bly totdat die sedasie in werking is en die prosedure / operasie begin. Die ​naasbestaande sal dan versoek word om die prosedure / operasie te verlaat.
  • Dit mag nodig wees om ‘n dri​p / kannule ​in ‘n aar in jou hand of arm in te sit.

Na Sedasie Instruksies (nasorg van die pasiënt)

  • ‘n Verantwoordelike volwassene moet u huistoe neem na die sedasie , en jy moet in die geselskap van ‘n verantwoordelike volwassene bly vir die res van die dag. Sedasie sal nie gegee word as u kom sonder ‘n familie lid of vriend nie.
  • Jy mag nie bestuur , of toerusting gebruik of deelneem aan enige ander aktiwiteite wat paraatheid of koördinering (bv swem, fietsry , ens) vereis vir ten minste 12 uur na die prosedure / operasie nie.
  • Indien jy gereelde medikasie neem , vra jou dokter / tandarts wanneer jy jou volgende dosis na die sedasie moet neem.
  • Jy behoort nie naarheid of braking te ondervind na​ ​die verdowing nie . As jy dit wel kry, en dit gebeur meer as een keer , kontak asseblief u dokter / tandarts.
  • Moet nie eet of drink as jy naar is nie . Vloeistof of kos moet stadig na verdowing ingeneem word . As jy helder vloeistowwe kan inhou, kan jy stadig oorgaan na vastestowwe.
  • Jy moet binne 6-8uur na die prosudure urineer, as u nie kan nie, kontak asseblief die dokter / tandarts by die telefoonnommers voorsiens.
  • Die sedasie mag lei tot geheueverlies. Dit is ‘n tydelike, soms blywende vir ‘n paar uur.
Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom