Wat is Sedasie

Sedasie is die veilige toediening van middels om angs te verlig terwyl dit die pasient help ontspan en die pyn verminder.

Die doel van verdowing is om pasiënte gemaklik te maak en hou hulle veilig tydens ‘n prosedure . Tydens die proses word pasiënte lomerig en baie pasiënte raak aan die slaap. Geen pyn word ervaar nie en hulle kan baie min van die proses onthou. Kommunikasie is moontlik indien dit nodig sou wees tydens die prosedure.

Baie prosedures dws , endoskopies , plastiese chirurgie , vel en tandheelkundige prosedures kan veilig en doeltreffend uitgevoer word met koste-effektiewe hulp van verdowing . Verdowing kan veilig gedoen word buite die teater in voldoende toegeruste kamers.

Voordele van Sedasie

Gemaklik, prakties en gerieflik vir jou en die chirurg.

Veilig omdat laer vlakke medikasie toegedien word.

As gevolg van vinnige herstel is daar geen behoefte vir opname in die hospital nie.

Ekonomies omrede geen hospitaal verblyf benodig word asook, minder newe-effekte, en ‘n minimale tyd van die werk af.

Die veelsydigheid en veiligheid van bewuste sedasie , tesame met die voordele vir die pasiënt maak bewuste sedasie die perfekte keuse vir baie mediese en tandheelkundige prosedures.

Doelwitte van Bewuste Sedasie en Analgesie

Verhoog jou veiligheid en gemak.

Verminder jou ongemak en angs.

Verhoog sukses van die prosedure.

Verminder jou herstel tyd, en is koste-effektiwe behandeling.

Website Design & Maintenance by Lenomedia.
web design potchefstroom